Banner

OPEDAG 2009

17.png

Hit Counter

Members : 2
Content : 60
Web Links : 6
Content View Hits : 27187

Who's Online

We have 2 guests online

Login Form



 Laerskool Montagu – 2009......oortref jouself!

Laerskool Montagu spog in sy visiestelling met die strewe na gelukkige kinders, ouers en onderwysers. Te oordeel aan die suksesse wat die skool behaal, die manier hoe sy ouerkorps die skool ondersteun en die toewyding en dinamika van die onderwyskorps, kan daar inderdaad gesê word dat dié plattelandse skool sy drome uitleef. Voorts is die skool se strewe om die leerders in sy sorg toe te rus vir die toekoms deur hul volle potensiaal te ontwikkel.

Met die skool gesetel in een van die mooiste plattelandse dorpies in Suid-Afrika, kry die leerders van die Laerskool Montagu die geleentheid om kwaliteit opvoeding te kry aan die hand van tradissionele Christelike waardes. Die skool het tans 342 leerders van Gr. 1 tot Gr. 7 en is baie trots op ‘n gemiddelde leerder-opvoederverhouding van 23 tot 1. Voorwaar ‘n gunstige opset in die huidige onderwysmilieu. Met die fokus op positiewe dissipline, word die grondslag gelê vir ‘n sterk basis om die kurrikulum op te bou.

Read more...
 
Friday, 20 March 2009 08:17

Die Gazette

Gr. 7 besoek aan Melkbosstrand.......Lees Verder

Gr. 6 Monties besoek Jonkershoek.......Lees Verder

 

Graad 2-Monties besoek Birds Paradise.

Woensdag, 27 Mei 2009, het ‘n baie opgewonde groepie Graad 2’s na Birds Paradise te Robertson vertrek. Lees Verder

Monties geniet die Landsdienskamp te Amana........

Monties na Laerskool Overberg Sportdag te Caledon.....

Lees Verder...

 

Monties doen laslappiewerk

‘n Paar ywerige Monties is tans besig met ‘n laslappiekursus onder die bekwame leiding van Mev. Doortjie Gersbach .  Dis ‘n vrolike, kleurvolle tydjie waar hulle leer van meet, uitknip(baie akkuraat!) en ook hoe om met ‘n naaimasjien te werk!  Geniet dit, Monties, ons sal graag jul pragtige werk wil sien.

Lees Verder.....

Last Updated on Friday, 26 June 2009 08:27
 
Friday, 20 March 2009 08:12

Jongste Nuus

Laerskool Montagu Opedag

Woensdag, 29 Julie 2009

vir voornemende Graad 1 ouers.

Lees Verder...........

Cango Wildlife Ranch is ‘n besoek werd!

Die Graad 5 klas (van Laerskool Montagu) van Mnr. Louwtjie Strauss het op Vrydag, 29 Mei 2009, ‘n besoek afgelê aan hierdie Ranch.........Lees verder

 

Henno-Leë Plaatjies in Wes-Kaap Netbal Streekspan

 

Lees Verder....

Boland-Atletiekkampioenskappe

Dertien Montie-atlete het aan hierdie byeenkoms deelgeneem en hulle het goeie prestasies behaal.   Op 28 Februarie 2009 het Sadé Schoeman ‘n tweedeplek in die verspring en ‘n derdeplek in die 70 m hekkies vir dogters 10 jaar behaal, terwyl Heno-Leë Plaatjies ook ‘n derdeplek in die 75 m hekkies vir dogters 11 jaar behaal het.  Lauren Adendorf, Maxwell Klaasen, Sadé Schoeman en Heno-Leë Plaatjies het almal medaljes verower tydens die aflosse.  Baie geluk aan die atlete met hul puik prestasies !

 

Lees verder......

Last Updated on Friday, 26 June 2009 08:35