Advertisement

Polls

How did you find us?
 

Who's Online

Laerskool Montagu – 2008 leer vir sukses!
Written by skoolhoof   

 

Laerskool Montagu spog in sy visiestelling met die strewe na gelukkige kinders, ouers en onderwysers. Te oordeel aan die suksesse wat die skool behaal, die manier hoe sy ouerkorps die skool ondersteun en die toewyding en dinamika van die onderwyskorps, kan daar inderdaad gesê word dat dié plattelandse skool sy drome uitleef. Voorts is die skool se strewe om die leerders in sy sorg toe te rus vir die toekoms deur hul volle potensiaal te ontwikkel.

 

Met die skool gesetel in een van die mooiste plattelandse dorpies in Suid-Afrika, kry die leerders van die Laerskool Montagu die geleentheid om kwaliteit opvoeding te kry aan die hand van tradissionele Christelike waardes. Die skool het tans 342 leerders van Gr. 1 tot Gr. 7 en is baie trots op ‘n gemiddelde leerder-opvoederverhouding van 23 tot 1. Voorwaar ‘n gunstige opset in die huidige onderwysmilieu. Met die fokus op positiewe dissipline, word die grondslag gelê vir ‘n sterk basis om die kurrikulum op te bou.

 

Die Monties kry geleentheid om hulself ten volle uit te leef in die skool se buitemuurse program. Benewens die tradisionele sporte soos atletiek, mini-krieket, krieket (vir seuns en dogters), netbal, rugby en tennis word ‘n groot aantal privaataktiwiteite aangebied. Hier resorteer karate, tuimel, privaat tennisafrigting, klavier-, blokfluit- en kitaarlesse, kuns-, ballet- en moderne dansklasse onder die vernaamstes. Die skool lewer jaarliks verskeie provinsiale sportmanne en –vroue op.

Read more...